Jongste aktiwiteit:

daaglikse brood


wanneer jou daaglikse brood
in krummels van iemand se tafel
moet afval om by jou te kom

mense wat net van aalmoese leef
mag hulle nog daarvan deel aan ander
sal dié wat goed is vir hul nog gee

die lewe is ‘n lied vir dié wat kan sing
die vals stemme staan maar en luister daarna
kyk sangers in die lewens koor na hulle

die regtige armes is dikwels maar plat
platgeslaan deur ‘n lewe van verspeelde geleenthede
platgeslaan in gees en verwagting ook

samaritane het menslikheid behou
ten spyte van hul sukses en relatiewe rykdom
selfs hulle kan nie al die armes voed

moet aalmoese aan armes dalk verander
dalk moet aalmoese armes help om self te versorg
armes dalk leer om self ‘n vissie te vang

dalk moet werkskepping deel word daarvan
die arme se selfwaarde weer opbou met klein suksesse
soos om self te verdien om kos te kan koop

dink aan jou Skepper in die dae van voorspoed
sodat jy nie dalk eendag van aalmoese moet bestaan
en dalk versink in ‘n plat waardelose lewe nie

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed