
Oupa
Oupa, jy moes my leer visvang
jy moes my daai kettie leer trek
en die windbuks oorhaal
en my leer van die Blou Bulle
se uitstekende rugby vermoë
(al stem pappa nie saam nie)
want dit is wat oupa’s doen.
Oupa ek moes nog sjokolade
saam met jou eet
en op die strand rooiaas optel
en vir die honderste keer
die toolboks gaan haal.
Nou het ek nie daai voorreg nie,
maar dit is OK, oupa
want eendag sal ons
hierdie dinge
in die hemel doen.
Jy was hier op aarde
maar ‘n kort rukkie
my oupa
en ek weet
mamma en pappa
sal my alles vertel
van jou – my oupa –
dat ek die beste oupa
in die wêreld
gehad het.
Lief vir jou.
Sion
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek