Tydspele
verniel gespartel
rus ons ń tydjie
op ń eenbeen stoele
verfrissing is suur lemoene
voor die fluitjie baas
om meer tyd
uit te speel
trap hom raak
skree die skare
hy vertraag die spel
mannetjies hardloop heen en weer
in stryd om deel te neem
voor tyd uitloop
die spel is verby
seer is al herinnering
aan tyd verspil
telborde onbenullig
al wat bly aftel
is tyd
die stryd is teen
nano sekondes minute
wat doodluiters ń epog raak
dit woed op die veld
en ons huis
die heelal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.