Jongste aktiwiteit:

Vryheid se verlange

Vryheid se verlange

velde wyd en oop
wil ek graag loop
kaalvoet en vry
ongekunsteld eg

my oë ver kan lê
op goudgeel kim
se oneindig strek
rus in oggend glim

blomprag se nektar drink
bye se goudgeel lyfies
in blomme sien woeker
stuifmeel bedek weg vlieg

waterval diamant druppels
sagte sproei teen my vel
net weer vrede se rus
in ongeskonde natuur

© Marianne Buys
6 Augustus 2021 07:52




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak