Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Marianne se profiel

  • Hande se liefdestaal

    hande se liefdestaal
    gesneuwel met virus
    koue glas onsigbaar
    hou ons nou geskei

    elkeen in eie tronk
    hande wat wil raak
    liefdestaal praat
    smag magteloos

    hoe lank nog[…]

  • Kindjie klein

    kindjie klein alleen
    die lewe se seer
    op jou kom teer
    vroeg al verweer

    lewe se seer
    jou laat vlug
    van lewe se klug
    weg van die druk

    enigste besittings
    in sak oor jou rug
    dierevriend[…]

  • Brood op water

    sy woon in klein kamer
    net ‘n stoel, bed en tafel
    stukkende mat op vloer
    gehawende slierte gordyn

    douvoordag staan sy op
    eet ‘n droë stukkie brood
    moedig loop sy die pad
    waar haar[…]

  • Verlore toekoms

    na die ongeluk
    moedeloos bly lê
    sy bene nutteloos
    die lewe ‘n bitter pil

    hy wou nie meer
    sy lewe is verby
    nou net ‘n las
    geen waarde meer

    sy parkeer haar rolstoel
    reg langs sy wit[…]

  • Die onsigbare

    jy staan in ‘n kring
    almal gesels vrolik
    maar jy voel alleen
    jy, die onsigbare

    jy wil graag iets sê
    maar jou woorde
    waai weg in die wind
    niemand hoor, sien jou

    jy luister na die[…]

  • Derde vlaag se smeekpsalm

    Heer ons mense is gedaan
    Covid nou al in derde vlaag
    ons hoop al meer vervaag
    geloof begin wankelrig taan

    ons staan voor U in trane
    ons kan, wil net nie meer
    liggaam en gees[…]

  • Ontvlugting

    blomvelde mildelik geklee
    in helder kleur karnaval
    roep my uit grys en grou
    van daagliks eentonig sleur

    voëls se luidkeëls roep
    lok na woude diepgroen
    waar loerie met koddig kuif
    wegkruip s[…]

  • Ontsnapping

    na wêreld sonder klug
    wou ek graag vlug
    waar niks my siel blus
    in vrede wil ek kan rus

    geen geld en mag wat dikteer
    integriteit sal wees ‘n eer
    liefde om te genees alle seer
    sonder duister[…]

  • My beker loop oor

    om die unieke te bly sien
    in die alledaags van als
    met oë van verwondering
    die geringste te aanskou

    dankbaar ten spyte van,
    genadebrood koningskos
    seëninge so onverdiend
    U maak my b[…]

  • Maskers in die kas

    vroegoggend voor die spieël
    met vele maskers in die kas
    watter een sal dit wees vandag?
    die een wat uitbundig sal lag?

    hansworsmasker verberg seer
    die lag stop tussen mond en[…]

  • Winterhart

    as winter in jou hart kom lê
    koue jou emosies omklem
    jou laaste bietjie wil gevries

    die een voet voor die ander
    iewers in die lug bly hang
    hoop in die mistigheid kwyn

    swaar van elke[…]

  • Luiperd – diereryk se trots

    stil geruisloos lê jy daar
    bespied die vlakte wyd
    gekamoefleerde lyf
    vol kolpatrone uniek

    jou oë mis niks
    prooi in jou visier
    wegkomkans skraal
    jou spoed fenomenaal

    een v […]

  • Hibernasie winter

    saggies het die winter kom lê
    oor grasvelde spierwit versier
    bome hul somerdrag afgeskud
    tyd om te rus en net te wees

    knus sit onder warm kombers
    lekker groentesop in prutpot
    eindelik […]

  • Vlooi en Profiel foto van MarianneMarianne is nou vriende 2 maande gelede

  • Pandemie moeg

    ons is pandemie moeg
    almal al moeg geswoeg
    ons het nie meer spoed
    niemand voel meer goed

    nou in die derde vlaag
    dit bly net aanhou knaag
    hoe lank nog bly ons vra?
    ons kan dit nie meer[…]

  • Suiderkruis

    ek fynkam die uitspansel
    vol sterretekens gekarteer
    iewers wag ‘n ster uniek
    ‘n skitterster net vir my

    daar waar die Suiderkruis wys
    die baken van noord of suid
    daar sal ek liggies ‘n ster[…]

  • Perspektiewe

    soveel menings geopper
    sake van belang bespreek
    elkeen het eie perspektief
    jy sien ‘n ses, ek sien ‘n nege

    die debat raak soms heftig
    kan jy dan nie sien wat ek sien?
    so wil ons menings[…]

  • Weektema

    Swendel in grendel

    in die grendel word geswendel
    miljoene verdwyn in broeksakke
    ingeperktes aanskou stom geskok
    stilswyes duur en sekuur gekoop

    ongeregtigheid word oral gepleeg
    in jul[…]

  • Laai meer