Winter van my lewe (Brons)
Winter van my lewe
jy was altyd daar
net daar, sonder vrae
hoekom en waarom,
net stil my hand gehou
ek kon net wees
geen verduideliking
jy het altyd verstaan
geen veroordeling
die trane oor my wang
saggies met jou sakdoek gevee
my teer op die voorkop gesoen
verseker dat alles reg sal uitdraai
die kommerkous in my gestil
met woorde van bemoediging
vrees uit my wese gestreel
met jou sterk nabyheid
in die winter van my lewe
het jy altyd getrou gebly
uit die diepte elke keer opgelig
om weer te wees jou sonneblom
© Marianne Buys
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek