Winter van my lewe jy was altyd daar net daar, sonder vrae hoekom en waarom, net stil my hand gehou ek kon net wees geen verduideliking jy het altyd verstaan geen veroordeling die trane oor my wang saggies met jou sakdoek gevee my teer op die voorkop gesoen verseker dat alles reg sal uitdraai die […]

Winde van verander windlawaai stofwolke jaag oor vlakte vaal dooie blaar en tak in doringdraad vas bome kniebuig laag blaar gestroop kaal weerloos en droewig in wind se huil sang sterkste bly staan met wortel diep onwrikbare anker enigste behoud winde van verander pluk en ruk woes vasstaan in moed ons hét ‘n Anker © […]
Vryheid se verlange velde wyd en oop wil ek graag loop kaalvoet en vry ongekunsteld eg my oë ver kan lê op goudgeel kim se oneindig strek rus in oggend glim blomprag se nektar drink bye se goudgeel lyfies in blomme sien woeker stuifmeel bedek weg vlieg waterval diamant druppels sagte sproei teen my vel […]

Hande se liefdestaal hande se liefdestaal gesneuwel met virus koue glas onsigbaar hou ons nou geskei elkeen in eie tronk hande wat wil raak liefdestaal praat smag magteloos hoe lank nog verban liefdestaal se aanraak hande soekend na mekaar om omgee te kan wys ons nou afstandmense vervreem van liefdestaal hande se sagte streel deur […]
Kindjie klein kindjie klein alleen die lewe se seer op jou kom teer vroeg al verweer lewe se seer jou laat vlug van lewe se klug weg van die druk enigste besittings in sak oor jou rug dierevriend by jou die warm in kou soekend na omgee waar liefde regeer nie wrede harte wat brose […]

Brood op water sy woon in klein kamer net ‘n stoel, bed en tafel stukkende mat op vloer gehawende slierte gordyn douvoordag staan sy op eet ‘n droë stukkie brood moedig loop sy die pad waar haar stalletjie wag hoopvol pak sy als uit breiwerk en hekelwerk met baie trots gedoen dalk is vandag haar […]
Verlore toekoms na die ongeluk moedeloos bly lê sy bene nutteloos die lewe ‘n bitter pil hy wou nie meer sy lewe is verby nou net ‘n las geen waarde meer sy parkeer haar rolstoel reg langs sy wit bed hy wil haar ignoreer sy groet hom opgewek sy gesels met hom vertel haar storie […]

Die onsigbare jy staan in ‘n kring almal gesels vrolik maar jy voel alleen jy, die onsigbare jy wil graag iets sê maar jou woorde waai weg in die wind niemand hoor, sien jou jy luister na die ander elkeen het iets te vertel maar jy het nie woorde jy is die onsigbare jy wonder […]
Derde vlaag se smeekpsalm Heer ons mense is gedaan Covid nou al in derde vlaag ons hoop al meer vervaag geloof begin wankelrig taan ons staan voor U in trane ons kan, wil net nie meer liggaam en gees rebelleer Heer wil U ons kom genees by U vind ons weer hoop saam met ons […]
Ontvlugting blomvelde mildelik geklee in helder kleur karnaval roep my uit grys en grou van daagliks eentonig sleur voëls se luidkeëls roep lok na woude diepgroen waar loerie met koddig kuif wegkruip speel agter blaar kabbelende waterstroom streel ruwe rots en klip helder water se rus wink kom les jou dorre dors leeu se maanhaar […]
