Jongste aktiwiteit:

Hande se liefdestaal (Brons)

Hande se liefdestaal

hande se liefdestaal
gesneuwel met virus
koue glas onsigbaar
hou ons nou geskei

elkeen in eie tronk
hande wat wil raak
liefdestaal praat
smag magteloos

hoe lank nog verban
liefdestaal se aanraak
hande soekend na mekaar
om omgee te kan wys

ons nou afstandmense
vervreem van liefdestaal
hande se sagte streel
deur virus kom steel

mag ons gou weer
vreugde van omhels
diepe omgee troos
in liefdestaal beleef

© Marianne Buys
25 Julie 2021 07:44
Foto PADLANGS




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed