
Ek mis jou ook …
Partykeer wonder ek of God na my luister
hoor Hy my as ek bid –
ek het nie mooi woorde gebruik nie
ek het sommer maar net gedink,
maar dis ook bid;
ek het elke dag vir jou gebid
en vir God mooi gevra om jou gesond te maak
sodat ek by jou kon sit en jou hand vashou
want ek wou graag vir jou sê ek is lief vir jou
ek mis jou ook
al sê ek dit nie …
MC Marx (C)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek