Beste INKers
Ná wat blyk ‘n moeilike oefening in Intertekstualiteit was, in ons vorige projek, sal ‘n oop projek seker verwelkom word.
Hierdie maand is die projek dus ‘n instruksielose oefening.
Daar is geen reëls aangaande struktuur, tema, lengte of andersins nie.
Dit geld vir al die afdelings.
Al wat ek kan sê is: lekker skryf.
Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.
Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE