
Ongend Stilte
Hier nog in die stilte van die oggend
so voor die son sy kop lig
en die natuur begin lewe
Is dit waar my hart stil raak
waar ek kan bid.
Sommer net met Hom gesels
oor die seer van gister
die Hoop van vandag
die droom vir môre.
Terwyl die voëltjies begin sing
die nag lewe stil raak
en die sonstrale deur die mis boor.
Is dit waar ek weet
dit is hoe God vir ons is.
Selfs in die taaiste stryd
sal Sy lig deurbreuk
en wanneer ons terugkyk
sal dit die mooiste prentjie skep.
So begin die huis lewe
die strate woel
en het die donker
volledig plek gemaak
vir die dag.
Is die Sy opdrag aan ons
om te leef
voluit
vir vandag,
want hierdie oomblik
is verseker.
3 Kommentare
-
Seirdna
pragtigi gedig Ian
-
Seirdna
pragtige gedig Ian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek