Winterkoud
jy maak die winter koud onplesierig
jou naakte liggaam onvoorsiens
hierdie koue oggend ure
is jy gestroop van jou klere
wat besiel jou om mense
so op hol te jaag
kyk wat gebeur nou
bring iemand klere om jou te bedek
arrogansie help jou niks
in die tronk gaan jy nou bly
bedwelmd is jy nou
vreet jy gras soos ‘n bees
menslik gesproke jou eie las
want jy soek moeilikheid met almal
voel ons jy kort vuurwarm klappe
want met die koue speel jy nie
sluk jou lag want dit help nie
jy het verkeerd opgetree en moet jy nou die prys daarvoor betaal.
Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.