Lewenstryd (Silwer)
Die onsekerheid in vele oë
vind aanklank in menige stem
wat wanhopig skree
teen hierdie stryd se rem
nooit het ons kon dink
óf ons lewe daarvolgens beplan
dat hierdie lot ons sou vind
‘n weemoedsnet om ons span
stil en magteloos
onseker oor die verloop
totaal uitgelewer en broos
verpletter in wanhoop
al word toekomsdrome omvergegooi
bied die lewe nog steeds sy kwota mooi
daar’s altyd hoop
al voel ons tans van als gestroop
genade is onbeskryflik groot
kom skuil by die Heer
en voed daagliks op sy lewensbrood
Hy . . . sal ons hierdeur dra.
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek