Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Brood op water

Deur Marianne
Datum gepubliseer: 2 Julie 2021 Aantal woorde: 150 83 Kere gelees Hou van

Brood op water

sy woon in klein kamer
net ‘n stoel, bed en tafel
stukkende mat op vloer
gehawende slierte gordyn

douvoordag staan sy op
eet ‘n droë stukkie brood
moedig loop sy die pad
waar haar stalletjie wag

hoopvol pak sy als uit
breiwerk en hekelwerk
met baie trots gedoen
dalk is vandag haar dag

boemelaar stap verby
hul groet mekaar
moedeloos bly hy staan
die winterkou bly knou

hy kyk na mus en serp
oë wat koop sonder geld
vanaand slaap hy weer koud
kartonbokse sy kombers

sy neem die mus en serp
hou dit uit na hom
ek kan jou nie betaal
dit is ‘n geskenk vir jou

trane rol oor sy wange
die Here sal jou seën
dankbaar neem hy dit
skuifel verder op sy pad

in eie armoede gegee
brood op water gewerp
inderdaad toe geseën
feestafel vir haar gedek

© Marianne Buys
1 Julie 2021 4:50




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 19
Kommentaar telling: 0

Is gebore en getoë in Alberton, Gauteng. Dit is nog steeds my tuisdorp. Stel reeds van 'n jong ouderdom af belang in die skryf - en digkuns. Ek het vanaf April 2020 meer op digkuns begin fokus en is lid van verskeie diggroepe.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 142 gaste aanlyn

Bydraes – Argief