Verlore toekoms
Verlore toekoms
na die ongeluk
moedeloos bly lê
sy bene nutteloos
die lewe ‘n bitter pil
hy wou nie meer
sy lewe is verby
nou net ‘n las
geen waarde meer
sy parkeer haar rolstoel
reg langs sy wit bed
hy wil haar ignoreer
sy groet hom opgewek
sy gesels met hom
vertel haar storie
van val en opstaan
weer sinvol te leef
sy help nou ander
se moed opgee verdryf
vrolik gesels sy verder
maar die donker in hom bly
hy sien geen toekoms
bly staar na die dak
sy gesels rustig voort
dalk verander sy bui
haar vrolik irriteer hom
wens sy wil hom los
kan sy nie sien
hy het dan als verloor
sy gee nie moed op
elke dag help sy ander
weer te sien die lig
van ‘n nuwe toekoms
© Marianne Buys
1 Julie 2021 05:26
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.