aweregse sanger (Silwer)
die sal ek wees!
en bedeesd
in één lied sing
van blomme én van geld
van skurk én van held
ek sal verveel én bekoor
want die lewe daarbuit’
bestaan nie uit
net goed of net kwaad
een sekond
kan heel én wond
en dít is die lewe se lied!
Bronteks: Was ek ‘n sanger deur AG Visser
Was ek ‘n sanger
Was ek ‘n sanger
As winter kom,
Sou’k sing van rose
In volle blom!
Dis nie net die lente
Wat skoonheid bring:
Die aandblom soet
Is herinnering!
Die vuur van binne
-Word buite ook koud –
Gloei dan eers helder:
Jou hart van goud!
AG Visser
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2021 – intertekstualiteit projek