Jongste aktiwiteit:

Die onsigbare

Die onsigbare

jy staan in ‘n kring
almal gesels vrolik
maar jy voel alleen
jy, die onsigbare

jy wil graag iets sê
maar jou woorde
waai weg in die wind
niemand hoor, sien jou

jy luister na die ander
elkeen het iets te vertel
maar jy het nie woorde
jy is die onsigbare

jy wonder oor doel
betekenis van lewe
jou woorde is leeg
jy, die onsigbare

soekend en tastend
na eie storie te vertel
oor lewe se lief en leed
sal iemand wil luister?

© Marianne Buys




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed