Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bewaar Tyd

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 24 Junie 2021 Aantal woorde: 97 200 Kere gelees 3

sluitel draai
gee veer krag
aan juweel geanker wiel
ratte draai in skaal
naalde steek af
die dag

ń muur god gesig
het beste plek
die dag se middelpunt
oë slaan ag
op afskop merke
wegspring
hardloop
stop

muur god kindjie
blink agter glas gesig
jaloers oë waardeer
die kosbare arm
tyd

muur horlosie
staan tydloos in ń hoek
arm horlosie
lê toe in laaie
oë fokus nou op flikker beelde
wat tyd in nano sekondes
konstant korrek
rapporteer

tyd beur deur
geratte ou vadersklok
minatuur arm band
atoom akkurate skerms
oneindig brand die tyd
ń gat
in my saak




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 570
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 193 gaste aanlyn

Bydraes – Argief