Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kom Dans

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 26 Junie 2021 Aantal woorde: 60 71 Kere gelees 2

voete
raak amper nie
die swart konsertvloer
bo vlieg
ń vuil tutu*

voete
pomp in modder pot
ontgin raar grondstof
bou stene
van elektronika

voete
loop werksgange
dra moeg koppe
dronk gedink
oor finansiële state

voete
dans gly loop
laat vlieg bou dink
na die maat
gespeel deur
ń vals orkes

* rok of slip wat ballerinas dra in formele dans uitvoerings




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 570
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 186 gaste aanlyn

Bydraes – Argief