Jongste aktiwiteit:

Derde vlaag se smeekpsalm

Derde vlaag se smeekpsalm

Heer ons mense is gedaan
Covid nou al in derde vlaag
ons hoop al meer vervaag
geloof begin wankelrig taan

ons staan voor U in trane
ons kan, wil net nie meer
liggaam en gees rebelleer
Heer wil U ons kom genees

by U vind ons weer hoop
saam met ons bly U loop
U is ‘n hand uitsteek ver
lig ons tog uit dié duister

U is altyd die oorwinnaar
geen stryd is vir U te groot
U veg steeds getrou vir ons
help ons vashou aan geloof

@ Marianne Buys
22 Junie 2021 04:58




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed