Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: mag God ons hoor

Deur Roeline
Datum gepubliseer: 22 Junie 2021 Aantal woorde: 93 145 Kere gelees 4

mag God my hoor

troossag koud
eensaam warm
my kreet val op dowe *oor
mag God my hoor

hulle swart die wêreld
hulle kou klanke koorsig
dans saam met hulle eie ek
gee vir ander nie ‘n plek

g’n vir niemand niks
woorde helder dof
trap bo-oor mekaar
die holgille maak my klaar

in hul gekheid
voel ek benoud
ek wens hulle kan stop
verstik ek alleen in my kop

my hulp is koud
my trane is warm
my pleit val op dowe *oor
mag God my hoor

Kopiereg: Roeline van Schalkwyk




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 66
Kommentaar telling: 18

Werk by Universiteit Stellenbosch en vang my PhD graad in Grondkunde aan die einde van 2021.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 115 gaste aanlyn

Bydraes – Argief