Jongste aktiwiteit:

Noem my sommer net ou Neef

Noem My Sommer Net Ou Neef

In ‘n baksteenhuisie, sonder tuin, met vensters altyd bottoe agter ‘n ou draadhek, het hy gewoon.

Donkerblou oë. ‘n Drie dae oue baard. ‘n Basstem. En altyd daardie lekker reuk, sou jy hom toevallig raakloop.

Die man was maar skaars. Niemand het veel van hom geweet nie.

Oor die wasgoedlyn het die tannies gegis en gewonder: “Wie is die man met die baard en die groot randhoed?”

Sou jy jouself aan hom voorstel, antwoord hy kort:

“Noem my sommer net Ou Neef.”

Saans, wanneer die son sak, sit hy onder die droë boom en speel kitaar.

Hy begin altyd met “Al lê die berge nog so blou,” en eindig iewers by “Suikerbos,” op ‘n hartseer noot.

Waarom hy hierdie dorp gekies het om weg te kruip, weet hy alleen.

Maar sy stilte het die dorp aan die praat gehou. Want Ou Neef was elke dag die grootste raaisel in die straat.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed