Jongste aktiwiteit:

Two step tussen Mielies

Two step tussen Mielies

Hy kyk op na die skroeinde son
Hy sou als besproei as hy kon
Hy loop en skop na die grond
Hy het als hier in belê elke pond
Hy loer soos die stof verby waai
Hy weet dit was geen tyd om te saai

Sy bakkie dreun die bult uit
Sy vroutjie staan reg met ontbyt
Hulle gaan sit stil oorkant mekaar
Hulle soek antwoorde soos hul staar
Hy steek sy hande uit na haar
Hy weet net sy kan hom bedaar

Met oë toe vra hul onse Vader
Met oë toe vra hul die groot Berader
Stil huil hy sonder ‘n traan
Stil troos sy die ou boere veteraan

Die dag loop soos hy moet
Die son brand die grond verwoed
Die aand beweeg nader
Die boer op sy knieë, asb Vader

Sy oë nog toe hoor hy ‘n gedreun
Sy neus vertel hom hier kom reën
Sy oë slaan terug na die lug
Gewone mens sou bang vlug
Hy draai al om im die rondte
Al weet hy begeer is ‘n sonde

Hy kom tot stilstand met sy oë oos
Sy staan en glimlag vir hom, sy bloos
Hulle ontmoet mekaar halfpad
In die meduim groote mielie stad

Tussen die weer se gedreun
Tussen al die harde murg en been
Daar is ‘n boer en sy vrou
Daar tussen drome waar hul vas klou

Tussen water wat strome loop
Tussen water wat blydskap koop
Daar sal jy ‘n boer en sy vrou kry
Daar waar hul two step tussen ‘n klam landery

© Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed