Wonderboom
Jou takke fluister jou storie
saam branders bruisend se lied
al juigend, gesing deur die wind
volmaakte koorsang met jou storie
steeds ónbekend
Jou vaalwit wortels klou dèsperaat
tussen goudbruin rotsformaat
jou lyf staan vas, só peraat
soos ‘n standbeeld, opgerig as huldeblyk
vir ‘n goeie maar onbekende daad
hier verlate, alleen gelaat
blý ek wonder oor jou storie
wonderboom van hièrdie strand
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek