Genade fluweelkussing
Graf-stil raak die kleure van blare
laaste druppels reën sterf sag
tussen rooi-oranje wolke,
waar ‘n sensitiewe stilte,
uit die lug val
Somber grys ruigtes
bleek deur die blaarval
dryf verby die goue son
waar herfs in eerbied vir haar buig
Slierte skadu-swart verf
wat die nag verswelg
waar drome in die duisternis verdwaal
begin goue kleure die oop ruimtes bederf
‘n Fluweelkussing vol genade
Sonlig wat sagter skyn, en maanlig wat dunner
al meer beskeie asem haal
En bo alles – Ja dis God se genade
2 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, hoe pragtig skilder jy nie met woorde nie...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek