huppel kind
–
jou verwaaide haartjies
spoel om jou laggende gesiggie
en kartel in die ligte see briesie
suiwer geluk helder klinkend
uit jou kinder stemmetjie
–
nou ‘n kwart leeftyd later
skater jou helder lag steeds
oor die golwe van my gedagtes
suiwer gemoduleer in geluk
se enigste ware melodie
–
©Teãrlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Hou vd gedig dit lig dieselfde emosie in twee tydperke vd lewe pragtig uit! Die gebruik van glowe as klank tegnies & see aangrypend. Die gedigte ding bly lekker. Dankie