Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Junie 2022 – Winterlandskap projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ek een sin as katalisator gebruik vir al die afdelings. Elke skrywer, hetsy digter of ander, MOET hierdie sin in hul aanbieding insluit. Daar is geen ander reël of voorskrifte nie.

Die sin is soos volg:

“In die ryptrap
van ‘n winterlandskap…”

Ek sien uit daarna om julle werk te lees.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Olimpiese winterspele se beginjare.

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 Hou van

Olimpiese winterspele se beginjare.

Een van die heel bekendste sportgebeure in die wêreld, het vir die heel eerste keer plaasgevind in ou antieke Griekeland. Griekeland het tussen 700vC en 1000vC verskillende provinsies gevestig, elk met eie regering en wette. Die atlete van die onderskeie state het teen mekaar meegeding in…

*Winterwoorde (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 2

Wanneer my heimweehart
in die ryptrap van ‘n winterlandskap
neffens jou kanniedood-liefde verslaap,
tref-trap dankgedagtes gou,
euforiesie spore van onthou, wat
ramifiseer in die drasland van lojaliteit
waarin jou liefde toegewyd
onkreukbaar en immergroen
oor ons eenheid troon;
rotsvas geanker –
deur dik en dun
ewig getrou.

*Akroniem

Winter in my gemoed.

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 1

Winter in my gemoed.

Met die winter wat nadersluip het ons aanstons kouer temperature op hande.

Alhoewel daar baie mense is wat floreer in die winter, is winter ook die seisoen vir skete. Gou-gou kom die son soggens later op en sak ook al hoe vroeër saans. Die temperature daal en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 756 gaste aanlyn

Bydraes – Argief