Titel: *Winterwoorde (Silwer)
Deur Loretta Szikra

Wanneer my heimweehart
in die ryptrap van ‘n winterlandskap
neffens jou kanniedood-liefde verslaap,
tref-trap dankgedagtes gou,
euforiesie spore van onthou, wat
ramifiseer in die drasland van lojaliteit
waarin jou liefde toegewyd
onkreukbaar en immergroen
oor ons eenheid troon;
rotsvas geanker –
deur dik en dun
ewig getrou.
*Akroniem
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek