winter (Silwer)
wanneer winter
jou hart vol lê
en jy met koue oë
na my kyk
vertoef ek bewerig
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
waar jou nypende greep
op my verslae binneste
my yskoud laat
en tot in my siel
versteen
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elizabeth
Pragtig Elmarie!