Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2022 – Liefde(oop) projek

Beste INKers

Ons het skaars Kerstyd gevier en hier lê die eerste maand weer op haar rug.

Ek weet dit is ‘n cliché om in Februarie oor die liefde te skryf, maar dit ten spyt, wil ek tog die onderwerp hierdie maand gebruik.

Ek wil almal egter aanmoedig om die “liefde” op ‘n nuwe, unieke manier te takel en met oorspronklike werk te spog.

In al die afdelings is daar geen lengte reëls, vorm voorstelle, of derglike voorskrifte nie, maar slegs een opdrag: ondersoek die term “liefde”.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Februarie 2022 – Liefdes projek uitslae en kommentaar

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2022 11

Baie geluk aan hierdie 12 lede!

UITSLAE:
GOUD
1.(No 23) Anzé Bezuidenhout met Spikkelliefde
2.(No 24) Caren Kearley met Sielsvervoering
3.(No 26) Anzé Bezuidenhout met Vasdans tussen die sterre

SILWER
1.(No 18) Amanda De Meillon met Amor Agape
2.(No 1) Zebulon Kochk met Skoonmaker
3.(No 31) Elmarie Nienaber Van Kampen met Stormliefde

BRONS
1.(No 8) Elize Kruger met Daar is…

Liefde: ‘n gevoel wat jy voel wat jy nog nooit gevoel het nie. (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2022 16

Liefde: ‘n gevoel wat jy voel wat jy nog nooit gevoel het nie.

Die mens kan so baie emosies ervaar, waarvan liefde seker een van die mees intense emosies is. As ons maar net kyk na aanlyn-media en leesstof wat in boekwinkels beskikbaar is, sal jy baie gou agterkom dat…

stormliefde (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2022 13

‘wyl
die storm in ons woed
en ons harte brandend pols
vul jou hartstog my siel
en sleur my mee
sodat ek weerloos sug:
“min my!”

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief