Kleinkindliefde
Kleinkindliefde
Jy ken my nie
tog het jy my so lief
Jy ken my nie
tog is ek jou hartedief
Onvoorwaardelik
vou armpies om my
Onverdienstelik
met woordjies gevlei
Net soos ek is
in plooie getooi
Het jy my binne-in
jou hartjie genooi
Ek vermoed
die Boek van Liefde
het dit so bedoel
dat liefde
sό moet voel
Elisma van Zyl
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek