hemelreen
Hemelreën
(Sonette)
As die hemel liefde kon reën
sou ek opgaardamme bou
liefde daarin hou
gebroke harte daarmee seën
As die hemel jόύ liefde kon reen
sou ek die son daarop laat skyn
saam met jou verdwyn
jou vir ‘n wolk-oomblik leen
Ek sal reenboë verf
met ons liefdespallet
en saam met jou rondswerf
Ek sal ons name uitkerf
in druppels laat set
dit reën op ons werf
Elisma van Zyl
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek