Nooit te laat vir liefde
Nooit is dit te laat vir liefde
wonder sy terwyl uitkyk in natuur
hoe lank nog sal ek moet wag
liefde te brand in my soos vuur
God weet ek is te alleen
met wie kan ek saam lag
man wat ek op kan steen
voort leef vir elke dag
Sal ek op verkeerde plek soek
nee, eerder vir hom sal ek wag
hy wat my lees soos n ‘ boek
hom waarna my liefde smag
Bo begrip of verstand
ontmoet ek hom, geen bestand
dankbaar vir antwoord op gebede
nooit te laat vir ware liefde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek