Jongste aktiwiteit:

ProjekteJunie 2023 Winter Projek

Beste INKers

Die winter kruip nou behoorlik tussen vel en been in, en ek kan aan niks anders dink wat die bloed so warm laat klop soos die Afrikaanse letterkunde nie.
Hierdie maand is daar ‘n uitgebreide opdrag en ek moedig elkeen aan om die voorskrifte mooi te lees. Neem gerus deel.

GEDIGTE:
1. Skryf ‘n HAIKOE (HAIKU)
2. Gebruik die winter as tema
3. Poog om ten minste een neologisme in te sluit
4. Die vers sal streng volgens die voorskrifte van die Haikoe gekrit word.

MENINGSTUKKE:
1. Deel jou mening oor die volgende stelling: ‘n wintervakansie is bloot net nie goed genoeg sonder sneeu nie
2. Minder as 800 woorde
3. Meld jou woordtelling langs jou opskrif.

RUBRIEKE:
1. Skryf ‘n rubriek waarin jy die winterdood met die menslike toestand vergelyk
2. Minder as 800 woorde
3. Meld jou woordtelling.

ARTIKELS:
1. Jou tema: Die klimaatsverandering debat
2. Minder as 1200 woorde
3. Meld jou woordtelling.

VERHALE:
1. Skryf ‘n storie (wat in die winter afspeel) waarin die hoofkarakter ‘n heldedaad verrig.
2. Minder as 1500 woorde
3. Meld jou woordtelling.

Lekker skryf.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

‘n Wintervakansie is bloot net nie goed genoeg sonder sneeu nie. Het jy al in die middel van die winter voor ‘n warm kaggelvuur gesit en droom. Jou voete knus toegevou in ‘n paar wolsokkies. ‘n Stomende koppie melkkoffie waarom jou ysige vingers vou. Sneeu? Regtig? Wie is nou mal genoeg om dan nog boonop […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed