Jongste aktiwiteit:

Junie 2023 – Winter projek – Kommentaar en uitslae

 

Baie geluk aan hierdie 15 lede!!

 

WENNERS

GEDIGTE

BRONS:

  1. NO. 6 Elna Kruger met Misrypkoue

2.NO. 11 Pieter Mostert met Duinegras

  1. NO. 13 Dale Penderis met Wind en ys

EERVOLLE VERMELDING:

  1. 12 Pieter Mostert met Grasangelier
  2. 5 Elna Kruger met Winterhaikoe

 

SILWER: 

1.NO. 9  Hester Steenkamp met Wag vir winter

  1. NO. 8 Hester Steenkamp met Winter se trane
  2. NO.3 Marlene Erasmus met Sneeuvlok

EERVOLLE VERMELDING:

  1. 24 AnnaMarie vd Merwe met Wintervlok
  2. 27 AnnaMarie vd Merwe met Yskristal

 

GOUD:

  1. NO. 22 Andries Fourie met Koue uur

2.NO. 18  Caren Kearley met Misdroeftig

  1. NO. 15 Loretta Szikra met Brokkel-ys

EERVOLLE VERMELDING:

  1. 21 Loretta Szikra met Nog ’n winter

NO.10  Elmarie Nienaber van Kampen met Winterwind

NO.7    Elmarie Nienaber van Kampen met Witryp

No. 19 Caren Kearley met Wegjabbel

 

MENINGSTUKKE: 

1.NO. 1 Marlene Erasmus met Wat is wintervakansie sonder sneeu?

2.NO. 2 Ano met Koud en nat, nee dankie!

  1. NO.3 Amanda De Meillon met ’n Wintervakansie is bloot net nie goed genoeg sonder sneeu nie (Regtig?)

 

ARTIKELS:

1.NO. 2 Ano met Feit of fiksie: Die kweekhuiseffek

2.NO. 1 Marlene Erasmus met Klimaatsverandering: feit of foefie?

 

RUBRIEKE:

1.NO.3 Marlene Erasmus met Winterdood en die mens

2.NO.1 Loret Zwarts met Winter se doodskleed

 

VERHALE:

1.NO. 1 Fanus Strydom met Noodvlug

2.NO. 2 Marlene Erasmus met Winterengel red skoolkinders

 

Kommentaar

BRONS:

 

    1.Winterwind 

Jy het nie die lettergreep bepaling nagekom wat ‘n haikoe vereis nie.

 

    2.Hiroshima 1945

Jy het nie die lettergreep bepaling nagekom wat ‘n haikoe vereis nie.

 

    5.Winterhaikoe

Jy het die opdrag mooi nagekom. Onthou, ‘n haikoe moet nie 3 afsonderlike dele bevat nie maar moet met ‘n “snywoord” (kireji) twee dele verbind. Voorbeelde van “snywoorde” is bv. omdat, nietemin, vir ens. Ek dink steeds jou haikoe het meriete en jy het dit geslaagd aangebied.

 

    6.Misrypkoue

Jou haikoe is briljant. Dit is asof jy jare reeds oefen met hierdie digvorm. Jy verstaan die konstruksie daarvan 100%. Ek is totaal beïndruk. Baie geluk.

 

    11.Duinegras

Wat ‘n ongelooflike goeie haikoe! Jy verstaan hierdie vorm baie goed en het dit keurig en raak aangebied. Welgedaan.

 

    12.Grasangelier

Pragtig en keurig. Jy het die opdrag mooi verstaan en het hierdie vorm onder die knie. Mooi gedoen.

 

    13.Wind en ys

Jy verstaan die haikoe vorm baie goed. Jou haikoe is ‘n eenheid waar die sinne mekaar ondersteun en jou lettergreep telling is raak. Mooi gedoen.

 

    16.Helde van winter

Jou lettergreep telling is raak. Jou inhoud is keurig maar haikoes behoort nie te rym nie. Die “loos, loos” eindes maak afbreek aan jou vers.

 

17.Wintertaal

Ek tel 8 lettergrepe in jou 2de sin?

“Ys/ving/ers/vat/doof/stom/woor/de

Dit is ‘n klein flater so ek kan nie jou vers as ‘n haikoe beoordeel nie.

 

    20.Winterdood

Ek tel 6 lettergrepe in jou laaste sin?

” priem/dood/in/win/ter/kou'”

Klein flaterjie maar ek kan nie jou vers as ‘n haikoe beoordeel nie.

 

SILWER:

 

    3.Sneeuvlok

Jy het die opdrag mooi verstaan. Ek weet nie of ek persoonlik na trane sal verwys as ek van sneeuvlokke praat nie, maar dit is bloot simantiek. Mooi gedoen.

 

4.Wintersnikkeling 

Jou neologisme is pragtig: wintersnikkeling!

Ek voel dat jou 3 sinne effe losstaande van die geheel is. Die doel van ‘n haikoe is juis om ‘n geheel te skep. Kom ek gee gou my weergawe van jou haikoe:

wintersnikkeling

mantel van sneeu bedek als

die aarde rus stil

 

8.Winter se trane

Jou haikoe is pragtig. Dit vorm ‘n geheel en is ‘n mooi voorbeeld van hoe ons ‘n haikoe moet skryf. Welgedaan.

 

9.Wag vir winter

Wat ‘n lieflike voorbeeld van ‘n suksesvolle haikoe. Welgedaan meester!

 

24.Wintervlok

Jou haikoe is keurig. Jy het die opdrag verstaan en uitgevoer.

 

  1.   Rypdos

Ek hou van jou haikoe. Ek trap bietjie klei met jou woordkeuse van “waarhede”. Waarom het jy daarop besluit? Ek is seker ‘n beter term kon jou haikoe sterker laat uitstaan.

 

26.Bibberbly

Alhoewel jy die konstruksie van die haikoe baasgeraak het, voel dit vir my of jy die jukstaposisie hierin verloor het. Daar is vir my ‘n gebrek aan die geheel.

 

27.Yskristal

Ek hou van jou haikoe. Ek sou net nie op “steeds” besluit het nie. “Weer” sou vir my beter pas. Steeds keurig nietemin.

 

GOUD

 

    7.Witryp

Pragtige haikoe wat voldoen aan al die voorskrifte. Mooi en keurig.

 

10.Winterwind

Geslaagde haikoe. Pragtige vloei en ritme. Welgedaan.

 

14.Wintergoud

Jou keuse van “klapklanke” as die geluid van ‘n huilende wolf is nie werklik raak nie. Ek sou ‘n ander opsie uitoefen. Die haikoe is egter volgens voorskrif.

 

  15.Brokkel-ys

Pragtige voorbeeld van ‘n haikoe. Welgedaan. Onoortroffe.

 

18.Misdroeftig

Dit is so ‘n aardse, eerlik opregte haikoe. Sonder omslagtigheid en fanfare skryf jy my stom. Mooi!

 

19.Wegjabbel

Indien jy “jabbel” as ‘n nuutskepping gebruik het moet jy dalk net sê wat dit sou beteken. Ek weet aan die Weskus in visserstaal bestaan die woord jobbel wat verwys na die beweging van die see, maar ek het nog nie van jabbel gehoor nie. Ek hou van jou haikoe, dit is net die gebruik hiervan wat ‘n vraagstuk is. Welgedaan.

 

21.Nog ‘n winter

Pragtig, pragtig, pragtig. Mooi haikoe hoor!

 

22.Koue uur

Jy het die mooiste beelde in jou haikoe gebruik. Dit is treffend, juis en ritmies. Baie mooi gedoen.

 

23.Bloeibraak

Ek dink jou haikoe ontbreek aan ‘n jukstaposisie. Die sinne is sonder ‘n goue draad.

 

MENINGSTUKKE

 

    1.Wat is wintervakansie sonder sneeu? 

Jou meningstuk is keurig. Jy het jou mening mooi belig en die aanbieding is keurig en netjies geskryf. Mooi gedoen.

 

    2.Koud én nat, nee dankie! 

Jy het ‘n netjies meningstuk geskryf. Jou mening is duidelik en die skryfstyl is gemaklik en netjies. Mooi.

 

    3.’ n Wintervakansie is bloot net die goed genoeg sonder sneeu nie (Regtig?) 

Jou meningstuk is keurig, oortuigend en netjies. Mooi gedoen.

 

ARTIKELS:

 

    1.Klimaatsverandering: feit of foefie? 

Ek as leser mag dalk nie met elke sentiment in jou artikel saamstem nie, maar ek dink jy het met goeie navorsing ‘n uitstekende artikel geskryf. Die siening word duidelik gestel en die punte word een vir een bespreek en gemotiveer. Netjiese artikel.

 

2.Feit of fiksie: Die kweekhuis effek

Jou artikel is baie gebalanseerd wat beide kante van hierdie muntstuk bekyk. Ek hou van jou aanbieding en die goeie navorsing wat jy gedoen het om die artikel te skryf. Welgedaan.

 

RUBRIEKE:

 

    1.Winter se doodskleed

Jy vergelyk die menslike toestand mooi met die koudheid en verlies van die winter. Jou rubriek is vir my so effe onversorgd. Party van jou sinne is kort en stomp. Jy gebruik die verkeerde punktuasie op byvoorbeeld die (‘n). Kyk of jy bietjie kan werk aan sinskonstruksie, want net soos in poësie, is prosa wat metrum het, ‘n heerlike leeservaring. Dankie vir jou deelname.

 

2.As jou moeg ook moeg is

Die sinskonstruksie en gebrek aan netjiese gebruik van punktuasie maak die artikel moeilik om te lees. Die gedagtes is effe ongeorden. Ek het ook spelfoute hierin raak gelees.

 

3.Winterdood en die mens 

Die rubriek is keurig en bespreek die onderwerp op ‘n teer en mooi manier. Die aanhalings hierin verleen ook kleur daaraan. Baie netjies geskryf. Ek wonder net watter funksie gebruik jy om (‘n) op jou rekenaar te skep? Die font styl blyk anders te wees. Baie aangename rubriek, dankie!

 

4.Kan, wil, moet? Of nie? 

Alhoewel ek baie van jou rubriek gehou het, sukkel ek om die tema opdrag werklik hierin raak te lees. Die menslike toestand in vergelyking met winterdood was vir seker nié die onderwerp wat jy hierin behandel het nie. Ek moet toegee jy het rakelings aan die seisoene aandag gegee, maar, myns insiens, nie werklik die tema behandel nie. Indien jy hieroor wil gesels stuur vir my epos na: inkmoderator@gmail.com

 

VERHALE

 

    1.Noodvlug

Dit is omtrent ‘n opwindende verhaal wat die leser saam in die avontuur meesleep. Die woordskeppings is inderdaad heerlik. Ek hou net nie van “helmet” en “worry” nie, maar ek neem aan mense praat seker so in dag tot dag kommunikasie. Dit is werklik ‘n baie goeie aanbieding en ‘n heerlike kortverhaal om te lees. Ek sal nie vra vir die vertaling van die “nuwe taal” wat jy geskep het nie – dit is eenvoudig briljant.

 

2.Winterengel red skoolkinders

Jou verhaal is keurig. Let daarop dat jy nie té veel inligting met jou leser deel nie. As voorbeeld: die gesprek aan die begin van die storie tussen Lien en haar ouma. Die skrywers oorspeel die toneel deur té veel op die emosie van die sprekers te konsentreer. Gebruik die dialoog om die emosie te wys en moenie noodwendig vir die leser met ‘n lepel voer nie. Die teerheid en liefde wat hul vir mekaar het kan maklik in die mooi dialoog verbeeld word. Die ontwikkeling in die storie is mooi. Ek sou die laaste paragraaf totaal weglaat. Laat die leser sy/haar eie gevolgtrekking oor die heldedaad maak.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed