Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2018 – Liefdes projek

Al die kommersiële bohaai aangaande die maand van liefde kan ‘n demper plaas op die werklike skoonheid en waarde van die liefde, daarom is dit die plig van skrywers en digters om die liefde te omskryf soos dit werklik ervaar word.

Digters:
skryf in enige vorm ‘n gedig wat ware en werklike liefde omskryf sonder om in die strik van soetsappigheid te trap. Skep nuwe en opwindende metafore, neologismes en vergelykings om jou siening oor liefde te verwoord. Let op die basiese reëls van poësie maar dink en skryf vernuwend.

Skrywers:
Skryf ‘n vonkfiksie van nie meer as 200 woorde nie oor die wonder van ‘n eerste liefde.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor die bestaansreg (al dan nie) van die gebruik van Valentynsdag in ons moderne samelewing.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Baie geluk aan die volgende lede Gedigte: Brons afdeling wenners: 1ste: Estelle Rubow met ‘Daardie dae’ 2de: Anton Killian met ‘Ag van my mond’ 3de: Loretta Szikra met ‘ Aardsdom’ Silwer afdeling wenners: 1ste: Anzé Bezuidenhout met ‘Lawakors van liefde’ 2de: Anzé Bezuidenhout met ‘Liefdespore’ 3de: Anzé Bezuidenhout met ‘Hart-silhouette’ Carma Shaw skuif nou na […]

Liefde het vlerke dit laat jou denke die sterre in die hemelruim gaan haal… Of is dit vlerke van ‘n gier soos ‘n voeëltjie wat ‘n nessie in jou kom bou dit met sagte warm donsies versier vir ‘n tydelike plesier Soos ‘n verliefde paartjie wat soos twee duifies vir mekaar koer maar op ‘n […]

Eensaam en Alleen As ek aan jou dink klop my hart vinnig en verwoed my gedagtes maal deur my kop verdwaal in my eie verhaal na sielskos wat my voed lê jy swaar in my eie gemoed so hinker my hart en siel na liefde wat verdwyn ek woed in eensaamheid bitter hartseer en alleenheid […]

WINTERLIEFDE winterhart sny reg deur my wens jy was hier langs my sy wag ek alleen op die treinstasie so eensaam hier op die hout bankie met my warm stomende drankie kom die trein die stasie ingery het ek jou vir altyd kom kry opgewonde borrel dit in my my hande wil net oor jou […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed