Weergaloos skaam-bang
Liefde het vlerke
dit laat jou denke
die sterre in die hemelruim gaan haal…
Of is dit vlerke van ‘n gier
soos ‘n voeëltjie wat ‘n nessie in jou kom bou
dit met sagte warm donsies versier
vir ‘n tydelike plesier
Soos ‘n verliefde paartjie
wat soos twee duifies vir mekaar koer
maar op ‘n dag vang sy hom
waar hy vir ‘n ander een loer
Agter pers vlinders bloei die son
wagtend op ‘n nuwe liefde subsidie
gesluit tot verdere kennisgewing
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek