Jongste aktiwiteit:

EK EN JY

Ek en jy…

wie skryf die lied
waar ek en jy
disharmonieer
die klawers
wit en swart
so saam moet sing
dat ek en jy
so ewe gedwee
hul komposisies
soos marionette weergee
die atmosfeer beheerd
die kleur van vel
die klap van tong
die vrede verdryf
vertroue versweer
die slimmes die spel
die ritme manipuleer
om aan die einde te kry
als wat hul harte begeer

© – Barbara Smit 27/02/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed