Jongste aktiwiteit:

FLUIT-FLUIT

FLUIT-FLUIT…

vandag gaan ek vir jou
‘n sad-sad storie vertel
‘n verhaal van ‘n lewe so grou
van pyn soos net in die hel

hoe verklank ‘n mens seer
hoe verwoord ‘n mens leed
van een wat allenig probeer
met God die enigste wat weet

vandag gaan jy als in skelrooi lees
die klein bietjie hoop dat Hy sal verstaan
hoe ‘n mens geskeur geskend en gekneus
sy weg na sy God probeer baan

van wonder waar het hul afgedwaal
van wonder of jy dalk sou kon keer
en dan oorverdowend die knal
finale toeslaan van ‘n lewe se deur

“onthou tog net die mooi en die goed
asseblief moet jouself nooit verwyt
my vriend, vir oulaas ‘n innige groet
fluit-fluit, my storie, is uit”

rus in vrede A.M.

© – Barbara Smit – 26/02/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed