Ontnugter in die nanaguur
Verlore in ‘n leegtheid
as die nanaguur
uitgerek verby sluip
en katvoet kom tuur
hoe ek worstel
met die afwesigheid
van wysheid
tussen iets en niks
waar die juistheid
gekantel en gekraak het
toe my hartsbeleid
net distorsie word,
die toneel in steen geset
op pad na êrens
oordeel raak geloop
die pad byster geraak
en myself omgekoop
met ‘n dismorfisme
en goedkoop pêrels
my selfheid kwyt geraak
in ‘n soektog na nêrens.
© Carla Visser
27.02.2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.