Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2018 – Liefdes projek(Bladsy 6)

Al die kommersiële bohaai aangaande die maand van liefde kan ‘n demper plaas op die werklike skoonheid en waarde van die liefde, daarom is dit die plig van skrywers en digters om die liefde te omskryf soos dit werklik ervaar word.

Digters:
skryf in enige vorm ‘n gedig wat ware en werklike liefde omskryf sonder om in die strik van soetsappigheid te trap. Skep nuwe en opwindende metafore, neologismes en vergelykings om jou siening oor liefde te verwoord. Let op die basiese reëls van poësie maar dink en skryf vernuwend.

Skrywers:
Skryf ‘n vonkfiksie van nie meer as 200 woorde nie oor die wonder van ‘n eerste liefde.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor die bestaansreg (al dan nie) van die gebruik van Valentynsdag in ons moderne samelewing.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer kyk […]

Somerson skeur deur die melkerige see ek loop rigtingloos soos ‘n slakkie sonder spoor Jy skilder die mooiste landskappe ek vind genesing in jou kleure en wanneer jy die son dansend in die lug opgooi Strooi yl vlieswolke wit vlekke oor ‘n uitspansel van blou smeulend sensueel die vensters van jou siel en meegesleur word […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed