Jongste aktiwiteit:

briefie

ek skryf vir jou ‘n briefie
sommer op my dagboekie
sulke klein blaaitjies liefde
stuur ek aan jou elke dag

ek lees jou liefste woorde
en bid dat jy nog veilig is
lewe gaan voort maar saai
sonder jou daar in noorde

ek skryf vir jou van liefde
hier waar dood om heers
kartetse ontplof vol rook
loopgrawe vol water loop

my liefste ek kan nie wag
om weer jou arms te voel
hande stryk oor my hare
ons sweef saam op wolke

my hart staan stil geliefde
wanneer ek besef hoe ver
ons van mekaar moet leef
hoe wyd die lewe nou staan

liefling kom tog net terug
kom sien hoe sannie groei
sien hoe bertie leer loop
hoe almal jou so baie mis

my liefste ek skryf weer
hoop jy kry dit elke keer
briefie lyk skaars en dun
tog ek is lief vir my gesin

lief ek weet hoe hartseer
jy moet wees om nie te sien
hoe ons nou hier moet leef
die Here sal vir ons ook sorg

ek skryf vir jou ‘n briefie
vrou, jou man kom huistoe
hy is gewond maar lewe tog
ons is dankbaar dat hy leef

waarom Here, waarom tog
maar dankie Here, hy lewe
my liefste kom nou terug
jarelange veg vir hom oor

©Teárlach




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed