Jongste aktiwiteit:

In die oom se tyd

hoe het die dae nie onherroeplik verander.
party wat sukkelend rond-skarrel net vir n brood.
sien ek hoe smag die wyse oom en droom.
verlang stilletjies na sy jonger tyd.
sonder enige stryd..
in die oom se tyd, die goeie ou dae.

hy sit en staar ver verby die maan.
onthou die dae van botter roer.
vreugdevol saam sy pa op die plaas geboer.
nooit hoef hul te wonder; waar kom die kos vandaan.
vertel hoe die jonges.
nou kouend…
nie meer hul “ou” lewens stories wil vertel.

hoe hy vrylik rond kon loop met sy draad karretjie.
mekaar soos blosend rose kon groet..
sy reenbooe kleurige “allas” orals rond geskiet.
kon sit by blinkende stroompies in sy gebied.
nou is daar nie meer hoop form die woorde om sy mond.
almal wil eerste by die wenstreep opduik, oral om ons rond.

hul droom van rooi-kleurige beelde in bloed.
dan skielik…
sak sy gemoed na die grond.
saggies fluister hy verder.
vyande, oorloë, sondes…
dit kan jul maar van die tydse lewe glo.
Ons bid vir Genade van bo.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed