seën op ‘n berg
vonkelende spruite
weerkaats stad se ligte
soos neon bliksemskigte
oor nat gereënde ruite
groen besoomde riviere
lok wandelaars klater
wat wonder oor water
gevoed uit berg se kliere
intense geluk wat uit hul oë straal
vriendelikheid wat aansteeklik lag
vervulling wat oor hul gesigte draal
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek