
Kaalvoet Kakie
Kaalvoet op die son se rug
oor die savanna se duine
jou kakies en die rooisand,
jou skadu se lyne
Winde kam die grasveld
aai aldeur jou drome
waar God se planne saamsmelt
en jy elke korrel sand laat geld.
© Carla Visser
01.02.2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Kort en pragtig.