
Sensuele golwe
Somerson skeur
deur die melkerige see
ek loop rigtingloos
soos ‘n slakkie sonder spoor
Jy skilder die mooiste landskappe
ek vind genesing in jou kleure
en wanneer jy die son
dansend in die lug opgooi
Strooi yl vlieswolke wit vlekke
oor ‘n uitspansel van blou
smeulend sensueel die vensters van jou siel
en meegesleur word ek in die maalkolk in jou oë
deur ʼn melkweg diep geboë,
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek