
Waar sal die beeste wei
dis iewers op ‘n plek, heel van mens verlaat –
daar waar winterbome met die vaal gras praat;
êrens in die Vrystaat, waar ‘n dam nog blink –
daar waar die son haar lig in die water skink
© Carma Shaw
2 Februarie 2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Ek voel die atmosfeer...mooi geskryf