Jongste aktiwiteit:

Verlore liefde

Die stories trek Ben se aandag. Verbaas gaan sit hy. ’n Berig oor ’n model verskyn in ’n kits op die skerm. Haar skoonheid slaan sy asem weg.
“Ek het vir jou gesê die vrou is gewild” roep Anne-Marie uit.
“Ja, sus. Ek weet.”
“Nou wat is die probleem?”
“Sy het my jare terug verkul…”
“Ja. Ek weet. Wat maak dit nou saak?”
”Ek het haar nog steeds lief.”
Anne-Marie gooi haar hande in die lug toe sy wegloop.

Vanaf ’n afstand bewonder Ben haar. Haar blik vang syne en sy gaan staan. ’n Glimlag verskyn op haar gesig terwyl sy nader stap.
“Ben?”
“Karlien.” Die emosies is te veel. Om haar nek dra sy die kleinste hangertjie.
Karlien vat daaraan. “Ek dra dit nog altyd.”
“Ek het nie geweet nie.”
Sy glimlag weer. “Dankie vir die mooiste liefdesbriewe. Ontmoet my later.” Sy druk vinnig iets in sy hande voordat sy omdraai en wegstap.
Ben kyk af en sien die kaartjie met haar besonderhede op. Sy het altyd die laaste sê ingekry.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed