VERLIEFDGEIT
VERLIEFDGEIT
jy’s die sterre in my nag
en my pêrelwit maan
jy’s die klokkies in my lag
en my blou oseaan
jy’s my hart se klop-klop
en die vlinders in my maag
jy’s die muisneste in my kop
die verliefdgeit wat my jaag
jy’s die ritme in my dans
en die wysie van my lied
jy’s ‘n helder nuans
in my menswees gegiet
ag ek wag hier vir jou om vir my te kom sê
dat jy my ook net heeldag naby jou wil hê
© – Barbara Smit 05/02/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek