
Joyride na die hel
Dis die dwelms in jou are
wat jou psigose aanjaag
soos rotte in kop
aan jou breinselle knaag
Wat onskuldig begin het
as ń lynsny met ń pêl
het ontaard in ń monster
op ń joyride na die hel
Eers jou vrou en kind
en later jou werk ook kwyt
Die weelde in jou huis
is met jou rampokker-pêlle
by die agterdeur uit.
Met gruwel-gedagtes
dreig en manipuleer jy
intimideer jy
almal om jou bang –
agter tralies in jou ouerhuis
voel jou ma veilig
vasgegevang!
Terwyl jy haar beursie
holrug ry –
voer sy jou
nóg geld nóg gif
om jou monsters stil te kry!
En wanneer is té veel gehad genoeg?
* Dwelms is ń nie-kieskeurige euwel, en nie net jongmense staan ń risiko om daaraan verslaaf te raak nie. Niemand is beststand teen die houvas daarvan nie. VERMY DIT!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.